On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Departement reageer op kommer oor Noord-Kaapse psigiatriese hospitaal

───   CASEY-LEE ANTHONY 06:00 Sat, 15 Jun 2024

Departement reageer op kommer oor Noord-Kaapse psigiatriese hospitaal | News Article
Die psigiatriese hospitaal in Kimberley. Foto: Innovex Group Charted Quantity Surveyors

“Die hele projek sal na verwagting binne ’n tydperk van vier maande, teen einde September, voltooi wees.”

Die Noord-Kaapse Gesondheidsdepartement probeer hul bes om ’n psigiatriese hospitaal in Kimberley by te staan ná verskeie klagtes. 

Die gebou is na bewering sedert Oktober verlede jaar sonder ’n ontvangsdame. Daar is ook geen elektrisiteit weens vandalisme en kabeldiefstal.

“Wat elektrisiteitsverskaffing aan die fasiliteit betref het die Noord-Kaapse psigiatriese hospitaal in November 2022 kabeldiefstal ondervind en herstelwerk is dienooreenkomstig gedoen.

“Ongelukkig het soortgelyke sporadiese voorvalle op agt afsonderlike geleenthede plaasgevind sedert Oktober 2023 tot Maart 2024,” sê Lebogang Majaha, woordvoerder van die Noord-Kaapse Gesondheidsdepartement.

Die polisie het reeds vyf mense in verband met die kabeldiefstal aangekeer. “ ’n Elektriese ingenieur is as diensverskaffer aangestel en die terreinoorhandiging is op Woensdag (6/6) gedoen vir die installering van ’n nuwe 1200 KVA kragopwekker, die herstel van die substasie, kabelvervanging en opgradering van sekuriteit.

“Die hele projek sal na verwagting binne ’n tydperk van vier maande – teen einde September – voltooi wees. Die fasiliteit is tans afhanklik van ’n bestaande kragopwekker vir daaglikse kragtoevoer,” sê Majaha.

Dit wemel glo van slange weens die lang gras by die hospitaal. Foto verskaf

Majaha sê hospitaalinstandhouding- en herstelwerk is aan die gang (die herstel van dakke, loodgieter-, verf- en staalwerk), en dat bykomende veiligheidsmaatreëls getref sal word om soortgelyke gevalle van diefstal te voorkom.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony mvh dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.