On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Kuruman-man 12 jaar tronkstraf opgelê ná moord in kroeg

───   11:13 Wed, 12 Jun 2024

Kuruman-man 12 jaar tronkstraf opgelê ná moord in kroeg  | News Article

“Drank is een van die mees misbruikte middels wat die meeste skade aan die meeste mense in ons land veroorsaak.”

Kuruman se streekhof het ’n plaaslike man twaalf jaar tronkstraf opgelê ná ’n rusie oor drank wat ’n man se lewe geëis het.

“Ipotseng Kgamane (25) het op 26 November 2022 by ’n plaaslike kroeg met die oorledene se vriend oor drank baklei. Toe die oorledene probeer ingryp, het Kgamane hom van agter genader en hom noodlottig in die bors gesteek,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Die beskuldigde het ’n mes gebruik om die slagoffer aan te val, al het sy vriend of die oorledene geen wapens gehad tydens die bakleiery nie. Die polisie is na die toneel ontbied en die beskuldigde is in hegtenis geneem en aangekla van moord.

“Tydens die verhoor, in sy verdediging, het die beskuldigde gesê dat hy by die bakleiery betrokke geraak het toe hy uit die badkamer kom en sy vriend sien baklei,” sê Senokoatsane.

“In sy getuienis het die beskuldigde beweer dat die oorledene vroeër onsuksesvol probeer het om sy foon te gryp terwyl hy in die badkamer was. Toe hy die slagoffer sien baklei met sy vriend, het sy woede oorgekook.”

Die beskuldigde het toe besluit om homself te betrek deur die oorledene noodlottig in die bors te steek. In die aanbieding van die staat se saak het streekhofaanklaer Kekeletso Lekota vir die minimum vonnis gevra, soos voorgeskryf deur die Minimum Vonniswet (105 van 1997).

In die bou van die staat se saak het die vervolging ook die slagofferimpakverklaring van die oorledene se ma gebruik, wat sy gemaak het ná konsultasie met Bafedile Mogale, waarin sy die invloed van haar seun se dood op haar beskryf het.

By die vonnisoplegging het die hof die beskuldigde tot twaalf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Die beskuldigde is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer.

Volgens die regering se webtuiste is dit kommerwekkend dat drank die mees gebruikte psigoaktiewe middel in Suid-Afrika is en hoë vlakke van oormatige drankgebruik en gepaardgaande skade voorkom.

In die karakterisering van die uitdaging het die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, verklaar dat “drank een van die mees misbruikte middels is wat die meeste skade aan die meeste mense in ons land veroorsaak”.

Drankmisbruik benadeel nie net die gesondheid van ’n individu deur hul lewensorgane aan te tas en vatbaarheid vir lewensbedreigende siektes te verhoog nie, dit stel ook die veiligheid, welstand, en lewens van ander in gevaar.

OFM Nuus cg 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.