On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Kêrel vermoor na bewering kind oor vuil doek

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:00 Sat, 08 Jun 2024

Kêrel vermoor na bewering kind oor vuil doek | News Article
Foto: iStock

“Die polisie is na die kliniek ontbied nadat die personeel kneusplekke aan sy lyf opgemerk het.”

’n Man van Kestell in die Vrystaat wat vir die moord op ’n peuter in hegtenis geneem is, sal na verwagting Maandag (10/7) in die landdroshof verskyn.

Die polisie in Kestell het die verdagte (25) van Tlholong by Kestell Vrydag (7/6) in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vriendin (21) se seun (2) aangerand en vermoor het, sê Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder.

“Die verdagte het glo Woensdag (5/7) omstreeks 20:00 die kind met ’n stok aangerand, geskop en in die wasbak vol koue water geplaas omdat hy sy doek vuilgemaak het.” Die verdagte en sy vriendin, wat ook die seun se ma is, het Donderdag (8/7) hom na die kliniek geneem vir mediese behandeling.

‘Seun is kort daarna in die kliniek oorlede’

Mophiring sê die polisie is na die kliniek ontbied nadat die personeel kneusplekke aan sy lyf opgemerk het. Die seun is kort daarna in die kliniek oorlede.

“Dit is regtig hartseer dat so voorval gebeur tydens die bewusmakingsveldtogte van Kinderbeskermingsweek wat daarop gemik is om kindermishandeling binne die huis en samelewing te voorkom,” sê Mophiring.

Die afgelope 30 jaar is data oor die Aspoestertjie-effek ingesamel wat meer duidelikheid gee oor stiefouers wat stiefkinders mishandel of vermoor.

‘Stiefouers belê minder in stiefkinders se opvoeding’

Volgens Charles Crawford en Dennis Krebs se Foundations of Evolutionary Psychology is die risiko baie groter vir stiefkinders om deur stiefouers mishandel of vermoor te word. Dié navorsers het ook bevind dat mans meer geneig is om kinders leed aan te doen en dat die meeste van die kindermishandeling in die kind se eie huis gebeur.

Stiefouers toon nie net meer negatiewe gedrag (soos mishandeling) teenoor stiefkinders nie, maar ook minder positiewe gedrag vergeleke met biologiese ouers. Stiefouers belê gewoonlik minder in stiefkinders se opvoeding, speel minder met hulle en neem hulle minder dokter toe.

Gegrond op data van die Australia National Coroners’ Information System is stiefouers meer geneig om kinders jonger as vyf jaar te vermoor.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.