On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Sneeu, gure weer tref Suid-Afrika ná matige begin van winter – FOTOGALERY

───   08:55 Tue, 04 Jun 2024

Sneeu, gure weer tref Suid-Afrika ná matige begin van winter – FOTOGALERY | News Article
Maruzè en Henroe Steenkamp in die Noord-Kaap. Foto: Facebook

Hael, oorstromings, sneeu, ’n moontlike tornado, swaar reënval en stormwinde tref Suid-Afrika; verwoestende Durban-storm eis ses se lewe.

Die winter kry lêplek terwyl dele van die land onder gure weer deurloop. Swaar sneeuval is oornag in onder meer die Bo-Karoo rondom Sutherland in die Noord-Kaap aangemeld – die eerste sneeu van die seisoen volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). 



Groot dele van Suid-Afrika is in dié greep van ’n bitter kouefront vasgevang ná ’n taamlik warm begin van die winterseisoen. 

“Ons het die laaste paar dae sneeu sien val, hoofsaaklik oornag. Tot dusver het ons sneeu in die Noord-Kaap en Vrystaat ervaar en gebiede soos Sutherland en Carnavon het ’n paar sentimeters op die grond gehad,” sê Snow Report Southern Africa se Richard le Sueur. 

Dit lyk pragtig op Ladybrand. Foto: Charlene le Roux

Hy sê nog sneeu word vir Dinsdag (4/6) voorspel. Nog koue, nat en winderige toestande word vir die res van die week verwag, met sneeu in die Oos-Kaap, Lesotho, die Vrystaat rondom onder meer Clarens en Fouriesburg, en in die Noord-Kaap. 

OFM se Michael Ndabandaba, Good Morning Breakfast se wenner van die OFM O-dition omroepersoektog, het vanoggend die sneeu in Bloemfontein op pad werk toe op sy motorfiets aangedurf.

“In die Oos-Kaap sien ons sneeu op hoër hoogtes in die Rhodes-omgewing. Die swaarder sneeu sal waarskynlik binnekort begin. Dit sal hoofsaaklik in die Oos-Kaap en Lesotho wees,” sê Le Sueur.

Hy sê Gautengers kry dalk nie hierdie keer hul sneeu nie, maar daar is nog ’n kans. Daar is ’n algemene oortuiging dat dit selde in Afrika sneeu, maar in Julie verlede jaar het selfs Gautengers wakker geword en die eerste sneeuval in 12 jaar aanskou. 

Die Bloemfonteinse sneeman het ’n Blou Bul-serp aan, want die Vissers se broer in Pretoria verjaar vandag, maar hy is ’n Cheetah in sy hart! Foto: Megan Visser

’n Moontlike tornado, swaar reënval en hoë winde het dele van KwaZulu-Natal getref. Ontwortelde bome en verwoeste huise is Maandagmiddag in die Tongaat-omgewing noord van Durban aangemeld ná ’n tornado deur die gebied geskeur het. Die dodetal in die verwoestende Durban-storm het tot ses gestyg.

Dit het meer as duisend gesinne dakloos gelaat. Gift of the Givers het op Tongaat by noodlenigingspogings aangesluit. 


Die storm het ook kraglyne uitgeslaan en baie dele van eThekwini sonder elektrisiteit gelaat.

Volg https://www.ofm.co.za/news vir nog nuus.

OFM Nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.