On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Hulp gevra om man in Heidedal uit te ken

───   ZENANDE MPAME 13:07 Fri, 12 Apr 2024

Hulp gevra om man in Heidedal uit te ken | News Article
’n Man se liggaam is uit dié dam in Heidedal, Bloemfontein, gehaal. Foto: Bloemfontein Courant

“Die oorledene het die naam Lebamang op sy linkerarm getatoeëer.”

Die polisie vra die publiek se hulp om die naasbestaandes op te spoor van ’n man wie se liggaam uit die Dinamietdam in Heidedal gehaal is.

Die dam is tussen Witherowlaan en Sonneblomstraat in dié Bloemfonteinse woonbuurt. ’n Man het Donderdag (11/4) omstreeks 16:00 vir die polisie kom sê ’n liggaam dryf in die dam. Die soek-en-reddingspan is na die gebied ontbied.

“Die lyk wat gevind is, is van ’n swart man in sy laat dertigerjare,” sê Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

‘‘Lebamang’ is op sy linkerarm getatoeëer’

“Die oorledene het die naam ‘Lebamang’ op sy linkerarm getatoeëer. Hy was geklee in ’n blou denim en ’n kappietop met die letters CUT daarop.”

Enigeen wat hom kan identifiseer kan lt.kol. Itumeleng Pule by 071 606 5715, kapt. Steve Masolane by 082 301 2834 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

OFM Nuus mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.