On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Central SA

Geen oorlewendes ná gru-ongeluk op Noordwes se ‘pad van dood’

───   08:43 Mon, 01 Apr 2024

Geen oorlewendes ná gru-ongeluk op Noordwes se ‘pad van dood’ | News Article
Die ongelukstoneel op die R505-pad. Foto: Skermgreep/Facebook

Motoriste in Noordwes is gewaarsku om ekstra versigtig te wees.

Noordwes se Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur doen 'n beroep op motoriste om ekstra versigtig wees ná 'n gru-ongeluk gisteraand (31/3) op die R505-pad tussen Lichtenburg en Mahikeng. 

Lucas Mothibedi, departementele woordvoerder, sê twee voertuie het kop-aan-kop gebots waarna een van die voertuie aan die brand geslaan het. Die pad is vir etlike ure daarna vir verkeer gesluit en motoriste moes van ompaaie gebruik maak.

Daar was geen oorlewendes  nie. Die dodetal is nog nie bekend gemaak nie.

Mense het op sosiale media hul medelye uitgespreek. “Daardie pad is 'n gruwelpad vir so lank as wat ek onthou. Ons sal aanhou bid,” sê Tumi Mobu op Facebook.

“Ek dink die probleem met hierdie pragtige pad is dat mense dink dit is verpligtend vir stadiger motors om na die noodbaan oor te beweeg. Pleks dat motoriste verbygaan, stoot hulle jou buffer-teen-buffer, so jy beweeg maar links,” sê Jonas Mokoena. 

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.