On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Orkney-meisie kry nuwe suurstofmasjien

───   ZENANDE MPAME 15:44 Tue, 12 Mar 2024

Orkney-meisie kry nuwe suurstofmasjien | News Article
Dominique Prinsloo (11). Foto verskaf

“Ná haar diagnose het alles verander en die ergste was dat sy al haar hare verloor het.”

’n Nuwe suurstofmasjien is aan ’n meisie van Orkney geskenk wat longkanker het. Dit is in Oktober verlede jaar by haar gediagnoseer. Sy het net 40%-longkapasiteit en is voltyds van suurstof afhanklik.

EchoMed het die suurstofmasjien aan Dominique Prinsloo (11) en haar ma, Corene, geskenk. “Ons kan hulle regtig nie genoeg uit die diepte van ons hart bedank nie,” sê Corene. “Nadat sy die suurstofmasjien ontvang het, het sy vir die heel eerste keer in ’n lang tyd rustig geslaap, want ons hoef nie bekommerd te wees of sy genoeg suurstof kry nie.

“Ons wil net baie dankie sê aan almal in Sentraal-Suid-Afrika, dankie dat julle jul hart vir ons oopgemaak het – ons is verwonderd oor almal se goedheid.”

Die suurstofmasjien  is deur EchoMed aan Dominique Prinsloo geskenk. Foto verskaf  

Die gesin oorweeg alternatiewe behandelings omdat sy reeds die maksimum dosis chemo ontvang het.

Ons is aangesê om haar gedurende die week terug te bring sodat hulle kan sien of hulle nie bestraling kan probeer nie, maar dit is dalk nie ’n opsie nie, want dit is te na aan haar hart, sê Corene.

Dominique het verlede jaar kwaai pyn ervaar en begin bloed hoes tydens ’n balletoefening. Sy het kort daarna met die kankerbehandeling begin. “Ná haar diagnose het alles verander en die ergste was dat sy al haar hare verloor het.”

Dominique Prinsloo met die draagbare suurstofmasjien. Foto verskaf

Die gholfdag wat vir Vrydag 22 Maart beplan word, gaan voort en mense word versoek om te kom deelneem. Corene het met die liefdadigheidsdag begin om geld vir haar behandeling in te samel. 

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.