On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Upington-polisievrou loop tweede myl om bejaardes te help

───   HEIDRÈ MALGAS 09:42 Mon, 04 Mar 2024

Upington-polisievrou loop tweede myl om bejaardes te help | News Article
Die aangewese vuurwapenbeampte, konst. Mirjam Bock. Foto verskaf

“Hy het die dogter se adres in Londen, ’n foto van die dogter en ’n foto van hul kleinseun gehad.”

’n Hulpvaardige polisiebeampte van Upington het ’n bekommerde, bejaarde egpaar gehelp nadat hulle kontak verloor het met hulle dogter oorsee.

Die Fritz-egpaar van Rosedale het die polisiekantoor besoek om te help om hul dogter in Londen op te spoor. Die aangewese vuurwapenbeampte, konst. Mirjam Bock, het van hul noodgeval gehoor en die tweede myl geloop.

Bock sê sy ken die man, want hy het haar al genader om sy vuurwapenlisensie te hernu. Nadat hulle haar ingelig het van hulle kind wat weg is, en met die toestemming wat sy gekry het by Fritz, kon sy hulle dogter, Irene, opspoor.

Rosedale se polisiekantoor. Foto: Facebook

“Hy het die dogter se adres in Londen, ’n foto van die dogter en ’n foto van hul kleinseun gehad. Daardie inligting was vir my ’n beginpunt. Ek het my vriend in Londen gekontak,” sê sy. Haar vriend het namens haar gebel na die adres, en die huurder se nommer was by die adres. Hy het met die huurder gepraat en gesê dat hy Irene ken.

“Die huurder het Irene se nommer vir my vriend gegee, en ek het Saterdagoggend (24/2) die inligting aan hulle deurgegee dat Irene gevind en veilig is,” sê Bock.

‘’n Besonderse geval’

Die Fritz-egpaar is onderskeidelik 80 en 75 jaar oud. Hulle was bekommerd en sy het hulle aangemoedig om positief te bly. “Ek hou daarvan om mense te help. Ek het onmiddellik kontak gemaak met my vriend in Londen. Kort daarna het die dogter kontak gemaak met haar bekommerde ouers op Upington.

Die dankbare egpaar het ’n boodskap van waardering gestuur aan Upington polisie se afdeling korporatiewe kommunikasie en het Bock geprys vir die uitstekende en buitengewone diens wat hulle ontvang het – ’n besonderse geval van ’n polisiebeampte wat meer doen as wat van haar verwag word.

OFM Nuus/Heidré Malgas cg/mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.