On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Anny
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Boshof-boer verloor hand, maar lewe steeds haar droom

───   KAREN VAN DER BERG 08:14 Tue, 27 Feb 2024

Boshof-boer verloor hand, maar lewe steeds haar droom | News Article
Sané Wilken sê sy gaan nie dat die ongeluk haar onder kry nie. Foto verskaf

“Ek moet net vasbyt. Ek is dankbaar om nog hier te wees.”

Sy staan sterk, al lyk haar drome om te boer vir eers ’n bietjie anders.

So vertel die dapper Sané Wilken (18) wat onlangs haar regterhand en ’n gedeelte van haar arm in ’n fratsongeluk verloor het op die plaas waar sy werk.

Wilken het verlede jaar aan die Hoër Landbouskool Jacobsdal gematrikuleer. Sy het begin vanjaar in die distrik Boshof begin boer. Iets waarvan sy al van kleintyd af droom. Sy boer saam met haar verloofde, MC Boshoff (20), op hulle familieplaas. Hulle het twee weke ná die ongeluk, op 11 Februarie, verloof geraak.

“Ek was oral op die plaas betrokke. Ek het iets van alles gedoen.”

Sané Wilken en MC Boshoff het twee weke na die fratsongeluk verloof geraak. Foto verskaf

Op 25 Januarie vanjaar het ’n fratsongeluk egter vir eers ’n stokkie voor haar drome gesteek toe haar regtervoorarm gedeeltelik deur ’n kunsmismenger afgeruk is. Wilken vertel sy was besig om kunsmis by ’n watertenk wat met ’n motor gedryf word, te gooi.

’n Bout het die sak gegryp en die sak het om haar duim gedraai. “Ek het my hand gelos, maar ek kon nie my duim uitkry nie.” Sy kon nie haarself los kry nie, dit was te styf. Sy het gevoel hoe haar hand, gewrig en arm ingetrek en gebreek word. “Die menger het fisies my arm geamputeer.”

Een van die werkers het gehardloop en die motor afgeskakel. Dit was te laat om haar arm te red. Boshoff het solank gebel vir hulp. Wilken sê sy het kalm gebly en opgestaan en afgeklim. Sy het ook solank die urium van die kunsmis van die wond probeer afhaal omdat dit skadelik kan wees.

Sané Wilken se drome om te boer lyk vir eers ’n bietjie anders. Foto verskaf

Sy is in die Mediclinic Bloemfontein opgeneem.

Dit is ’n paar weke later en sy gaan aan. “Ek hou myself besig. Ek mag nog net nie in die bees- of skaapkraal ingaan nie.”

Soms kry sy spookpyne en herleef sy die ongeluk in haar kop. “Dit het alles verander in my lewe. Ek kan nie eens meer eet of aantrek sonder hulp nie.”

Maar sy weier dat dit haar onderkry. “Ek moet net vasbyt. Ek is dankbaar om nog hier te wees.”

Sané Wilken en MC Boshoff. Foto verskaf

Haar ma, Corlia, het vir haar ’n BackaBuddy-veldtog begin om geld in te samel om vir ’n bioniese arm wat met breingolwe werk. “Ek wil net weer voluit kan boer. Met ’n gewone prostese sal dit nie heeltemal moontlik wees nie.”

Sy bedank almal wat haar so wonderlik ondersteun.

Sané Wilken en haar ma, Corlia. Foto: BackaBuddy

OFM Nuus/Karen van der Berg cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.