On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Tawwe Tienie wil Suid-Afrikaanse rekord losskeer

───   12:02 Sat, 24 Feb 2024

Tawwe Tienie wil Suid-Afrikaanse rekord losskeer | News Article

“Du Plessis het tydens sy herstel besluit om op ’n skeerkursus te gaan, en van toe af was hy verslaaf.”

Tawwe Tienie du Plessis van Steynsburg in die Oos-Kaap het Saterdagoggend kort ná vyf weggespring in sy poging om ’n Suid-Afrikaanse nege uur lange mansolo-masjienskeerrekord by die Gariep Forever-oord op te stel. Sy mikpunt is om tussen 450 en 500 Merino-ooie te skeer.

Toe hy in 2009 ’n erge skedelfraktuur in ’n rugbyongeluk opgedoen het, het sy liefde om op die veld te wees ongelukkig geëindig. Du Plessis het tydens sy herstel besluit om op ’n skeerkursus te gaan, en van toe af was hy verslaaf. 

Nadat hy twee jaar lank in Australië en Nieu-Seeland geskeer het, het Du Plessis in 2013 ’n skeeronderneming in Suid-Afrika op die been gebring. Dit het gegroei tot ’n span van ses lede wat voltyds skeer. Hierbenewens het hy 'n skeerinstrukteur geword wat in Suid-Afrika en Namibië belangstellendes leer skeer.

Met die hoop om jong talentvolle skeerders in Suid-Afrika se belangstelling te prikkel, wil hy Suid-Afrika se skeerstatus verhoog sodat plaaslike spanne saam met die Suid-Afrikaanse lemskeerders aan wêreldkampioenskappe kan meeding.


Ná Saterdag 17 Februarie sal Du Plessis se naam in die plaaslike rekordboeke opgeteken wees langs die eerste Suid-Afrikaanse negeuur-solomerino-ooirekord. Om hierop voor te berei, het hy soveel moontlik geskeer, saam met ’n persoonlike afrigter aan sy fiksheid en uithouvermoë gewerk en bowenal ’n vol, gesonde dieet gevolg.

Hy samel tydens sy voorbereiding om die wêreldrekord in Februarie 2025 te probeer verbeter, geld vir The Pink Drive in, ’n liefdadigheidsorganisasie vir borskankerbewusmaking, aangesien dit ongelukkig baie vroue in sy familie geraak het.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.