On Now
Weekends 19:00 - 20:00
Nuut in Afrikaans Nadine
NEXT: 20:00 - 22:00 Sunday Night with Nadine
Listen Live Streams

Central SA

VF Plus, sakeman stel lokval vir kontrakwerkers van Emfuleni-munisipaliteit

───   14:14 Thu, 22 Feb 2024

VF Plus, sakeman stel lokval vir kontrakwerkers van Emfuleni-munisipaliteit  | News Article

“Twee jaar gelede het die VF Plus ’n ondersoek begin om die kontrakwerkers vas te trek nadat inwoners en sakelui hulp gevra het.”

Die VF Plus het in samewerking met die maatskappy wat elektrisiteit in die Emfuleni-munisipaliteit weens wanbetaling afsny, twee van die maatskappy se werknemers gevang. Hulle het na bewering omkoopgeld van ’n sakeman in Vanderbijlpark geëis om nie sy krag te sny nie.

Gerda Senekal, VF Plus-raadslid, sê die werkers het glo ook omkoopgeld van ander inwoners en ondernemings geëis. “Twee jaar gelede het die VF Plus ’n ondersoek begin om die kontrakwerkers vas te trek nadat inwoners en sakelui hulp gevra het,” sê sy.

Senekal sê die sakeman van wie omkoopgeld geëis is, het Donderdag (15/2) met die party en die maatskappy ’n lokval vir die werkers gestel. “Hulle het aanvanklik R10 000 gevra om nie die sakeman se krag na sy perseel af te sny nie, maar later geskik vir R4 000. Die hele voorval is op video opgeneem,” sê sy.

Inwoners wat omkoopgeld betaal kan beboet word. Foto verskaf

Die munisipaliteit ondersoek die omvang van die saak en nog mense het na vore gekom van wie omkoopgeld gevra is. Die VF Plus versoek inwoners om nie omkoopgeld aan enige persoon te betaal weens ’n agterstallige rekening nie, maar om eerder ’n afbetalingsreëling met die munisipaliteit aan te gaan.

“Inwoners wat omkoopgeld betaal om hul krag onwettig te laat aanskakel of nie af te sny nie, kan ’n stewige boete van die munisipaliteit kry,” waarsku Senekal.

Die munisipaliteit sukkel reeds om maandeliks sy kragrekening aan Eskom te betaal en kan nie bekostig dat inwoners hom nog verder in die skuld dompel met onwettige kragaansluitings nie.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.