Central SA
Bloemfontein se gr. 1’tjies reg vir ‘groot skool’─── KAREN VAN DER BERG 10:26 Wed, 17 Jan 2024
“Ek wil graag vir my mamma briefies skryf.”
Bloemfontein se gr. 1-haasbekkies was Woensdag baie opgewonde oor hul eerste dag in die “groot skool”.
OFM Nuus het met ’n paar van hulle by die Laerskool Willem Postma gesels.
Ella Verkes (6). Foto verskaf
Sy is baie bly dat sy skool toe gaan, sê Ella Verkes (6). Sy is baie opgewonde oor die klomp maatjies. “Maar ek sien die heel meeste uit om atletiek te hardloop.”
Connor Shardelow (6) sê hy kon nie wag vir die skool om te begin nie, want dan kan hy begin leer om te skryf. “Ek wil graag vir my mamma briefies skryf.”
Connor Shardelow (6). Foto verskaf
Sy ma, Elilyia, sê dit is haar tweede kind wat skool toe gaan en dit is baie makliker as die eerste een. “Hy ken darem al die skool en weet waar alles is – dit help baie.”
Ulrich (Uli) Maritz (6). Foto verskaf
Ulrich (Uli) Maritz (6) sê hy sien uit na die groot skool omdat daar baie “cool klimrame” by die skool is. Sy ma, René, sê dit het goed gegaan met die aflaai vir die eerste dag. “Daar was darem geen trane nie.”
Dané Swanepoel (6). Foto verskaf
Dané Swanepoel (6), sê sy is baie bly dat haar maatjie, Nienke, saam het haar skool toe gaan. “Ek gaan baie van swem hou, en van netbal en van alles.”
OFM Nuus/Karen van der Berg dg