Central SA
Bloemfonteiner mylpaal-besoeker aan Tafelberg-sweefspoor─── 15:58 Thu, 11 Jan 2024

Terwyl hulle op hul beurt gewag het om op die kabelkarretjie te klim, is sy uit die ry gehaal en vertel dat sy die 31 miljoenste besoeker is.
’n Bloemfonteiner is Woensdag in Kaapstad by die Tafelberg-sweefspoor verwelkom as die 31 miljoenste besoeker aan die #TableMountainCableway sedert die eerste kabelkarretjies in 1929 in gebruik geneem is.
Gerda Pretorius is met blomme, ’n spesiale geskenkpakkie en ’n sertifikaat verras toe sy en haar man, prof. Lood Pretorius, daar aankom.
Gerda Pretorius en haar man is in Kaapstad verras. Foto: Facebook
Terwyl hulle hul beurt afgewag het om die kabelkarretjie te bestyg, is Gerda uit die tou gehaal en vertel dat sy die 31 miljoenste besoeker is. Dit is haar eerste keer terug op Tafelberg in meer as 30 jaar, en hulle kon skaars ’n beter viering gevra het.
Die Tafelberg-sweefspoor is op 4 Oktober 1929 in gebruik geneem. Sedertdien is meer as 31 miljoen passasiers teen die steil berg uit, van waar hulle ’n asemrowende 360-grade-uitsig oor die pragtige stad kan geniet.
OFM Nuus cg/dg/mc