Central SA
‘Eskom moet Vanderkloof se turbines aanskakel’─── 08:43 Sun, 31 Dec 2023
"Ek vermoed Vanderkloof gaan tussen sewe en tien dae neem om vol te raak."
Agri Noord-Kaap doen ’n beroep op Eskom en die Department van Water om Vanderkloofdam se kragturbines aan te skakel. Dié beroep volg nadat die Gariepdam begin oorloop het nadat sy vlak tot meer as 102% gestyg het.
“Kom ons hoop hulle luister. Ek vermoed Vanderkloof gaan tussen sewe en tien dae neem om vol te raak,” sê Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier Landbou-unie, aan OFM Nuus.
Gister (30/12) is die volgende damvlakke aangeteken:
Vaaldam 66.1% (invloei 82 uitvloei 17)
Bloemhofdam 82.5% (invloei 97 uitvloei 21)
Gariepdam 102.2% (invloei 2107 uitvloei 468)
Vanderkloofdam 86.1% (invloei 436 uitvloei 125)
Die Gariep- en Vanderkloofdam, wat deur die Departement van Waterwese besit en bedryf word, is die grootste en tweede grootste damme in Suid-Afrika. Vanderkloofdam is 130 km stroomaf van Gariepdam.
OFM Nuus