On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes: Meer as 50 mense sterf op paaie in feestyd

───   11:07 Thu, 28 Dec 2023

Noordwes: Meer as 50 mense sterf op paaie in feestyd | News Article
Wetstoepassers in Noordwes gaan meer sigbaar op paaie wees. Foto verskaf

“Die meeste ongelukke gebeur tussen 18:00 en middernag.”

Noordwes se Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur sê sedert die begin van die feestyd is 72 padongelukke in die provinsie aangemeld en 51 mense is dood.

Lucas Mothebedi, woordvoerder, sê die meeste ongelukke gebeur tussen 18:00 en middernag. Hy sê dit is 17% minder ongelukke as in die ooreenstemmende tydperk in 2021 en 2022.

Sello Lehari, LUR vir Gemeenskapsveiligheid, het alle padgebruikers versoek om ekstra versigtig op die paaie te wees. Hy sê verkeersbeamptes sal geen genade hê vir enigeen wat die verkeerswette oortree nie.

‘Die meeste ongelukke vind op landelike paaie plaas’

OFM Nuus verneem die meeste ongelukke vind op landelike paaie plaas. Molefi Morule, hoofdirekteur van die departement, het wetstoepassers opdrag gegee om meer patrollies op dié paaie te doen.

Lehari het ook gevra dat die nuwe Arende-verkeerseenheid meer doeltreffend op problematiese roetes gebruik moet word. “Dit beteken nie dat die Arende nie op ander roetes soos die N4, N12, N14, N18 en ander roetes teenwoordig sal wees nie. Ons pleit by motoriste om geduldig te wees.” 

Van die 72 ongelukke in die provinsie het 40 in die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit gebeur.

‘Die Arende gebruik voertuie wat toegerus is met die nuutste tegnologie’

Mothibedi sê die departement is al sedert die begin van Vervoermaand in Oktober bedrywig en dat dit tot middel van Januarie sal voortduur.
Die departement het ook die Arende-eenheid geloof vir sy positiewe bydrae. Sy lede is 24 uur per dag, sewe dae per week aan diens. Die Arende gebruik voertuie wat toegerus is met die nuutste tegnologie.

Lehari het sy meegevoel met die oorledenes se families betuig en wens die beseerdes ’n spoedige herstel toe.
 
OFM NUUS/Joba Matsheng  dg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.