On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Sentraal-SA praat oor waterkrisis

───   17:04 Thu, 07 Dec 2023

Sentraal-SA praat oor waterkrisis | News Article
Foto: Getty Images

Dele van Sentraal-Suid-Afrika sukkel reeds vir maande met watertekorte.

OFM se Joyride program praat met 'n paar gemeenskapsleiers oor hoe hulle hierdie waterkrisis ervaar.

Onder is van die stories wat reeds die nuus gehaal het.

Michael Landsman, direkteur en stigter van Lesawell, het aan OFM Sakeuur gesê die Winburg-gemeenskap het ná weke van wateronderbrekings ’n petisie onderteken.

 

’n Humanitêre krisis dreig op Vrystaatse dorpe soos Brandfort, Theunissen, en Winburg wat reeds drie weke lank geen water het nie. Wanneer daar water is, is dit slegs ’n paar druppels vir ’n paar uur.


Beurtwater is sedert Maandag in die Ikageng-gebied van die JB Marks-munisipaliteit in Noordwes in plek weens 'n meganiese fout by die plaaslike waterpompstasie.  

Mangaung–metro gee die hoë vraag na water die skuld vir die wateronderbrekings in veral die noorde van Bloemfontein.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.