On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Ondernemings in Vaaldriehoek span saam teen ArcelorMittal-afleggings

───   11:39 Mon, 04 Dec 2023

Ondernemings in Vaaldriehoek span saam teen ArcelorMittal-afleggings | News Article
Klippies Kritzinger, bestuurshoof van Vaal Business Cooperation. Foto:Verskaf

“Ons kan nie voorspel hoeveel direkte en indirekte poste geskrap sal word nie.”

Vooraanstaande ondernemings in die Vaaldriehoek mobiliseer om die uitwerking van ArcelorMittal se beplande herstrukturering in dié ekonomies gestremde gebied te bepaal.

Drie vooraanstaande plaaslike sakeleiers – Jaco Verwey, voorsitter van die Vaaldriehoek-sakekamer, Prince Skele, voorsitter van Sedibeng Business Community, en Klippies Kritzinger, uitvoerende hoof van Vaal Business Cooperation – versoek ‘n dringende vergadering met Kobus Verster, ArcelorMittal South Africa (Amsa) se uitvoerende hoof.

Verster sê die oorsake van die afleggingsplan sluit in beurtkrag en die regering se kortsigtige skrootmetaalbeleid, asook die chaotiese toestand van Transnet wat Amsa noodsaak om duur padvervoer eerder as goedkoper grootskaalse spoorvervoer te gebruik.

‘Sakeleiers versoek ‘n dringende vergadering met Amsa se bestuurshof’

Verwey, Skele en Kritizinger se organisasies wil die ekonomiese invloed van moontlike werkverliese en veiligheidsrisko’s behoorlik assesseer voordat hulle ‘n formele standpunt inneem.

Daar heers onsekerheid omtrent die gevolge van afleggings by Amsa se Vereeniging-aanleg. Die maatskappy het verwys na “indirekte” werkverliese en aangedui dat die Newcastle- en Vereeniging-aanleg se produksiekapasiteit moontlik die grootste risiko loop. Geen verwysing is na die invloed op die twee streke of die verwante spoorentiteit in Mpumalanga gemaak nie.

Hoewel die maatskappy ‘n wye spektrum belanghebbendes insluitend die regering, vakbonde en die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit geraadpleeg het, is daar geen planne om plaaslike sakeondernemings te raadpleeg nie, het Amsa aan Vaalweekblad gesê.

‘Bewering dat 3 500 poste in gevaar is, is ‘n ergste scenario’

Hoewel die maatskappy volgens Vaalweekblad bespiegeling verwerp dat tot 900 permanente en kontrakteursposte in die Vaaldriehoek kan wegval, sal art. 189-afleggingsbriewe na verwagting binne die volgende paar dae uitgereik word.

Die bewering dat 3 500 poste in gevaar is, is ‘n ergste scenario, sê Tami Didiza, senior bestuurder van belanghebbendes en kommunikasie. “Ons kan nie in hierdie stadium akkuraat voorspel hoeveel direkte en indirekte poste in die betrokke aanlegte en plekke geskrap sal word nie.”

OFM Nuus Daphné/Morné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.