On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Meyerton sal in 2025 spog met nuwe winkelsentrum

───   ZENANDE MPAME 14:03 Thu, 30 Nov 2023

Meyerton sal in 2025 spog met nuwe winkelsentrum  | News Article
Foto: Verskaf

“Die ontwikkeling sal 800 tydelike werkgeleenthede en bykomende langtermyngeleenthede skep.”

Inwoners van Meyerton sal binnekort nie meer ver hoef te ry om inkopies te gaan doen nie, want ’n winkelsentrum word in Pierneef-boulevard gebou.

“Ons is opgewonde dat Midvaal uiteindelik 'n multimiljoenrand-winkelsentrum kry. Toe ons aangestel is, was een van ons topprioriteite om beleggings te lok en ons plaaslike ekonomie te laat groei," sê Peter Teixeira, burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit.

“Hierdie is ’n bewys van ons pogings om goeie bestuur te handhaaf wat beleggings lok. Die winkelsentrum sal nie net ons omgewing ontwikkel nie, maar ook nuwe werkgeleenthede skep.”

Die winkelsentrum sal KMMO's bevoordeel deur die plaaslike waardeketting te verbeter. Foto verskaf

Vaalweekblad berig die bou van die Meyerton Mall het reeds begin en sal  na verwagting in 2025 voltooi wees. “Baie voorstedelike gebiede is versadig met baie geriefswinkels en gemeenskapswinkelsentrums. Kleinhandel het die afgelope paar dekades dramaties in die voorstede verbeter,” sê John Loos, eiendomstrateeg van FNB Commercial Property Finance.

Die nuwe winkelsentrum sal KMMO's bevoordeel deur die plaaslike waardeketting te verbeter en potensiële nuwe sektore te ontsluit, sê Teixeira. 

“Die ontwikkeling sal 800 tydelike werkgeleenthede en bykomende langtermyngeleenthede skep.”

OFM Nuus/Zenande Mpame   Daphné/Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.