On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Swanger vrou se selfdood in Vereeniging-hospitaal steeds ondersoek

───   HEIDRÈ MALGAS 12:07 Thu, 30 Nov 2023

Swanger vrou se selfdood in Vereeniging-hospitaal steeds ondersoek | News Article

“Die ondersoek is ná byna 90 dae nog nie afgehandel nie.”

Die interne ondersoek oor pasiënte se veiligheid is nog aan die gang nadat ’n 26-jarige swanger vrou haar eie lewe geneem het in die Kopanong-distrikshospitaal in Vereeniging.

Refilwe Thamae is op 8 September in die kraamsaal opgeneem. Volgens ’n verklaring van die Gauteng se gesondheidsdepartement het haar ma gesê sy het abnormaal opgetree. Die departement kan nie die besonderhede bekend maak nie vanweë pasiëntvertroulikheid.

Thamae is deur ’n dokter ondersoek en ná die diagnose is sy in die kraamsaal opgeneem omdat sy meer as sewe maande swanger was, sê Motalatale Modida, kommunikasiehoof van die gesondheidsdepartement. Die ondersoek na haar dood sou aanvanklik 60 dae geduur het, maar dit is ná byna 90 dae nog nie afgehandel nie.  

“Die dokter het sedasie en beperkings voorgeskryf en sy is later in ’n sysaal verpleeg weens haar toestand wat deur huilende babas veroorsaak is,” sê hy.

Die Saterdagoggend (9/9) het die verpleegpersoneel tydens hul rondtes opgemerk dat sy nie in haar bed was nie. Hulle het haar in die badkamer gekry waar sy haar met ’n kopdoek opgehang het. 

“Die voorval is aan die polisie gerapporteer wat met ’n geregtelike doodsondersoek begin het. Die departement se eenheid vir hehalteversekering sal ook ’n interne ondersoek doen omdat dit beskou word as ’n voorval van pasiëntveiligheid,” sê Modida.

OFM Nuus/Heidre Malgas  Daphné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.