On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Koffiefontein sonder water in hittegolf

───   15:59 Wed, 29 Nov 2023

Koffiefontein sonder water in hittegolf | News Article
Koffiefontein, Free State. Photo: Kekeletso Mosebetsi

“Met slegs een werkende pomp wat gereeld breek, word watertoevoer ernstig belemmer.”

Inwoners van Koffiefontein in die Wes-Vrystaat is reeds dae sonder water te midde van ’n versengende hittegolf.

“Ondanks drie waterpompe word die stelsel voortdurend deur probleme geteister,” sê Mariska Potgieter, Letsemeng DA-raadslid, in ’n verklaring.

“Daar is slegs een werkende pomp wat gereeld breek en watertoevoer ernstig belemmer.” Potgieter sê die ANC, wat in beheer van die munisipaliteit is, blameer beurtkrag maar die eintlike sondebok is noodsaaklike instandhouding wat afgeskeep word.

Koffiefontein se watersuiweringsaanlegprojek. Foto verskaf

Die munisipaliteit se watersuiweringsaanlegprojek het tot stilstand gekom weens die verlies van die Munisipale Infrastruktuurtoelae (MIG) en gevolglik kan die projek eers in die komende boekjaar hervat word.

Potgieter sê die situasie word vererger omdat die munisipaliteit nie met inwoners kommunikeer nie. “Dit laat inwoners onvoorbereid en kwesbaar tydens hierdie erge hittegolf.”

Die DA dreig om die munisipaliteit by die Menseregtekommissie aan te kla tensy die watersituasie dringend aangepak word.

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen    Daphné


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.