On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Onderwyser van Bloemfonteinse topskool in hof oor beweerde seksuele wangedrag

───   KAREN VAN DER BERG 14:35 Fri, 17 Nov 2023

Onderwyser van Bloemfonteinse topskool in hof oor beweerde seksuele wangedrag | News Article
Die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. Foto: Facebook

“Die 34-jarige verdagte het nog nie gepleit nie en sy naam word daarom weerhou.”

Die 34-jarige gewese onderwyser van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, wat in Oktober aangekla is van seksuele wangedrag, het Vrydag in die landdroshof verskyn.

Lorraine Earle, polisiewoordvoerder, sê hy is aangekla van seksuele gereedmaking, die besit van kinderpornografie, en die aanhitsing om ’n misdaad te pleeg. Dit het oor ’n tydperk van ses maande plaasgevind. Earle sê die saak is vir verdere ondersoek tot 16 Januarie uitgestel. Hy is op borgtog van R500 vrygelaat. Die beskuldigde het nog nie gepleit nie en sy naam word daarom weerhou.


OFM Nuus het vroeër berig die dade deur die gewilde onderwyser het skokgolwe deur die skool gestuur. Hy het glo betaal vir seksueel eksplisiete foto’s van twee leerlinge van die skool. Die leerlinge is glo in gr. 8. Een van hulle het haar ouers daarvan vertel. Die ouers het onmiddellik ’n klag by die Bayswater-polisiekantoor aanhangig gemaak. 

Charles Liversage, hoof van die Hoërskool Sentraal, sê die skool het die onderwyser voorlopig geskors, maar hy het kort daarna self bedank. Foto: Facebook

Charles Liversage, skoolhoof, het toe aan OFM Nuus gesê die skool se beheerliggaam en bestuurspan is verbind tot ’n veilige leeromgewing waarbinne die leerlinge kan floreer. Die oomblik toe die beweerde wangedrag ’n paar dae vantevore by hom aangemeld is, het die skool die onderwyser voorlopig geskors, maar hy het kort daarna self bedank.

 OFM Nuus/Karen van der Berg             Daphné/Corné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.