On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Nikki
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Onderhandelinge duur voort om Bloemfontein se private hospitaal te bekom

───   TSHEHLA KOTELI 13:37 Tue, 14 Nov 2023

Onderhandelinge duur voort om Bloemfontein se private hospitaal te bekom  | News Article
Personeel van die EmoyaMed-hospitaal. Foto verskaf

“Die onderhandelinge tussen EmoyaMed en direkteure van Bloemcare duur steeds voort.”

Direkteure van die Bloemfonteinse Psigiatriese Hospitaal, Bloemcare, het belangstelling getoon om die EmoyaMed-hospitaal te koop.

Barbara Steenkamp, Bloemcare se hospitaalbestuurder, sê die verkoop is nog nie afgehandel nie. Die direkteure van Bloemcare het ’n aanbod aan die Emoyamed-hospitaal gemaak maar onderhandelinge is nog aan die gang. Steenkamp kan nie die ander vrae van OFM Nuus beantwoord voordat onderhandelinge afgehandel is nie. Die hospitaal is voorheen in verskillende hofaansoeke ingesluit.

Personeel by EmoyaMed. Foto verskaf

Die hooggeregshof in Bloemfontein het voorheen die aansoek om die voorlopige likwidasie van die hospitaal opgeskort. Dit is opgeskort ná ’n aansoek om die hospitaal in sakeredding te  plaas deur die hooggeregshof in Pretoria. Regter Ilse van Rhyn het in die uitspraak gesê dit lyk of die aansoek om sakeredding deur een van die werknemers ingedien is in 'n poging om hul werk te red.

In 'n ander hofaansoek het regter Nompumelelo Gloria Gusha die EmoyaMed-hospitaal en Emoya Prop Med beveel om X-Pharm toe te laat om voort te gaan om binne die hospitaal te werk. Dit volg nadat die personeel van X-Pharm voor geslote deure by die hospitaal aangekom het.

Bloemcare. Foto verskaf  

Die hospitaal het beweer daar is geen geldige huurkontrak of bewys van huur wat die apteek toelaat om op die perseel te werk nie. X-Pharm het ook destyds beweer die hospitaal skuld hom minstens R22 miljoen vir die mediese voorraad wat hy aan die hospitaal verskaf het.

OFM Nuus/Tshehla Koteli Corné/Daphné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.