On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Aanranding in Klerksdorp-parkeerterrein: Saak tot 2024 uitgestel

───   HEIDRÈ MALGAS 13:25 Thu, 19 Oct 2023

Aanranding in Klerksdorp-parkeerterrein: Saak tot 2024 uitgestel | News Article
Wernich Botha. Foto: AfriForum Privaat vervolgingseenheid

"Ons is bekommerd dat die beskuldigde ’n verwantskap het met mense in hoë poste.”

Die saak teen Wernich Botha, wat aangekla is vir die moord op Hilton Pretorius, is tot 15 Januarie 2024 uitgestel. Pretorius, wat in September deur hom aangerand is in 'n parkeerterrein in Doringkruin, Klerksdorp, het nooit sy bewussyn herwin nie.

Botha het Donderdag (19/10) in die landdroshof in Klerksdorp verskyn op onder meer ’n aanklag van moord nadat Pretorius weens sy breinbeserings gesterf het.

Barry Bateman van AfriForum se private vervolgingseenheid het met Hilton se ma, Linda Mey, gepraat. Sy sê al hul vrae is beantwoord en korrek hanteer, en sake wat nagegaan moet word, word opgevolg. Hilton Pretorius het nooit sy bewussyn herwin nie ná die aanranding in September. Foto: Facebook

Mey sê enigeen kan na AfriForum gaan om hulp. Hulle het na ons geluister en verstaan wat ons wil sê en die regte prosedures gevolg om ons met die saak te help.

Sy sê hulle is nog baie hartseer oor wat met haar seun gebeur het en die pyn is ondraaglik. 

OFM Nuus het voorheen berig dat Pretorius op 29 September oorlede is.

Wernich Botha het vandag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn op aanklag van moord. Foto: AfriForum 

Bateman sê AfriForum woon die hofsaak by omdat daar kommer is oor Botha wat blykbaar familie in die polisie en die NVG het en dit bekendgemaak moet word. “Ons is bekommerd dat die beskuldigde ’n verwantskap het met mense in hoë poste en geregtigheid moet geskied en dit moet reg gedoen word.”

Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het ’n brief aan die NVG gestuur waarin hy noem dat hulle bekommerd is omdat een van sy familielede ’n aanklaer by die hof in Klerksdorp is en dat sy pa ’n senior polisieman is. 

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.