On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse LUR in boeie, beskuldig van bedrog

───   LUCKY NKUYANE 08:24 Fri, 13 Oct 2023

Vrystaatse LUR in boeie, beskuldig van bedrog | News Article
Vrystaatse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Motshidisi Koloi. Foto verskaf

“Die inhegtenisneming spruit uit bewerings van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.”

ENGLISH VERSION: Free State MEC in cuffs, accused of fraud 

Die Vrystaatse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Motshidisi Koloi, is glo Donderdag (12/10) deur die Valke in hegtenis geneem.

’n Ingeligte het Donderdagoggend aan OFM Nuus gesê Koloi se inhegtenisneming hou verband met toe sy die burgemeester van die Moqhaka-munisipaliteit was. Op ’n vraag om te bevestig of Koloi wel Donderdagoggend deur die Valke in hegtenis geneem is, het hulle gesê hulle is nie bewus van haar inhegtenisneming nie. Daar is gesê indien dit wel die geval is, sal die besonderhede daarvan met ’n persverklaring bekend gemaak word.

Koloi was in 2017 die burgemeester van die Kroonstad-gebaseerde munisipaliteit.

Die Valke-woordvoerder, Zweli Mohobeleli, het bloot gesê ’n lid van die Uitvoerende Raad, ’n politieke adviseur van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit, en ’n hoofdirekteur sal na verwagting Vrydag (13/10) voor die Kroonstad-landdroshof verskyn.

Koloi en ander is Donderdag in hegtenis geneem. Foto verskaf

Mohobeleli het gesê die inhegtenisneming spruit uit bewerings van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Munisipale Finansiële Bestuur.

Koloi en ander is Donderdag deur lede van die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekeenheid in Bloemfontein in hegtenis geneem.

"Die saak spruit voort uit ’n 2017-voorval toe die LUR nog die Uitvoerende Burgemeester was. Daar word beweer dat die drie verdagtes saamgespan het om R150 000 van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit sou gebruik om ’n klankstelsel aan te skaf wat tydens ’n Nelson Mandela-gedenklesing gebruik sou word. Hierdie gebeurtenis het nooit plaasgevind nie ten spyte daarvan dat die geld uit die munisipale bankrekening gebruik is," het Mohobeleli bygevoeg.

OFM Nuus/Lucky Nkuyane

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.