On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

So raak stygende brandstofpryse motoriste, boere en munisipaliteite

───   ZENANDE MPAME 11:05 Thu, 05 Oct 2023

So raak stygende brandstofpryse motoriste, boere en munisipaliteite  | News Article
Picture: citizen.co.za/ Neil McCartney

“Die styging in brandstofpryse is nie positief vir die landbousektor nie.”

“Petrol- en dieselpryse het Woensdag (4/10) gestyg en dit was die vierde maandelikse dieselverhoging en die derde petrolverhoging.”

Dieselpryse het aansienlik gestyg, met tussen R1,93 en R1,96 per liter, en petrolpryse met tussen R1,08 en R1,14 per liter.

Nilo van der Walt woon in Tweespruit, maar reis elke dag na Ladybrand vir werk en skool.

“Ek het die geld bereken wat ek in 2022 per dag aan diesel spandeer het om by die werk te kom –  dit was R220. Vanjaar, in Oktober, sal dit my R312 per dag kos.

“Dit is ’n verskil van net minder as R100 [per dag] wat ons meer uit ons sak moet grawe,”sê sy.

Petrol kos nou tussen R25,68 en R25,22 per liter. Foto: cars.co.za

“Die styging in brandstofpryse is nie positief vir die landbousektor nie. Dit is die begin van die plantseisoen en vir ons as boere is dit ingewikkeld want dit is nie net die dieselpryse wat ’n invloed op ons insetkoste het nie – daar is ander kwessies ook.

“Soos die kunsmispryse, die energieverskaffing van Eskom wat nie voldoende en doeltreffend is nie, daar is [hoër] minimum lone en die wisselende mark wat die pryse aan die einde van die seisoen sal beïnvloed wanneer dit tyd is vir ons om te oes,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Die dieselpryse het ’n invloed p die insetkoste van boere. Foto: OFM Nuus

OFM Nuus het vroeër berig die metro het nie meer diesel nie en dit het sedertdien die mees basiese dienslewering belemmer, insluitende vullisverwydering in die metro.

Athenkosi Mabona, Cogta-woordvoerder, sê die styging in brandstofpryse sal sommige van die munisipaliteite raak en hy twyfel of daar 'n groot uitdaging vir dienslewering aan inwoners in die provinsie sal wees.

“Die styging in diesel sal beteken dat daar meer koste deur die munisipaliteit aangegaan word, koste waarvoor hulle nie begroot het nie.”  

Ná dié week se stygings kos petrol tussen R25,68 en R25,22 per liter in die binneland en diesel tussen R25,22 en R25,01 per liter.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.