On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Heilbron vier 150ste bestaansjaar

───   ZENANDE MPAME 14:42 Tue, 29 Aug 2023

Heilbron vier 150ste bestaansjaar  | News Article
Photo: Facebook

Heilbron hou Donderdag (31/8) ’n kunsuitstalling om die mylpaal te vier.

Die kunswerke sal in die NG Kerk se saal uitgestal word en geld wat ingesamel word, sal gebruik word om die Riemland Museum se struktuur op te knap.

Een van die kunswerke wat uitgestal gaan word. Foto: Riemland Museum/ Facebook

“Ons het van die mooiste argitektuur in die dorp en baie geboue om te besigtig,” sê Lanzo Soothil, voorsitter van die museum se komitee. Hy sê hulle is opgewonde en gaan die geleentheid gebruik om ’n blou gedenkplaatjie aan die NG Moedergemeente en die NG Suidkerk te oorhandig.

Dit is hoe die blou gedenkplaatjie lyk. Foto verskaf

Die dorp is gestig langs ’n natuurlike fontein wat tot die naam Heilbron gelei het. Dit beteken ’n fontein van verlossing. Die kerk is dieselfde jaar gestig en sal Sondag (3/9) ’n spesiale Nagmaaldiens hou.

Die NG Kerk in Heilbron vier sy 150ste bestaansjaar. Foto: Morné van Rooyen

“Aan alle lidmate van die NG Kerk, mag die genade van die Here Jesus Christus, die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees met julle almal wees,” sê ds. Braam van Zyl van die NG Kerk.

“Ons wil graag die inwoners van hierdie dorp gelukwens met hul 150-jarige viering. Heilbron het baie om aan toeriste te bied in terme van sy ryk kultuurgeskiedenis met ’n wonderlike klein museum,” sê Roy Jankielsohn, DA Vrystaatse leier. “Ons wil graag mense wat die provinsie besoek, aanmoedig om dit self te ervaar.”


Die Riemland Museum. Foto: top-rated.online

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.