On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende polisiemoordenaar vir psigiatriese evaluasie gestuur – VIDEO'S

───   HEIDRÈ MALGAS 10:45 Fri, 25 Aug 2023

Vermeende polisiemoordenaar vir psigiatriese evaluasie gestuur – VIDEO'S | News Article
Die vermeende moordenaar en kaper, Daniel Wilfred Alberts (38), het in die Kimberley-landdroshof verskyn. Foto verskaf

“Ons is veral bekommerd oor berigte dat die oortreder ’n herhaalde misdadiger is.”

Die vermeende moordenaar en kaper, Daniel Wilfred Alberts (38), wat beskuldig word van die moord van twee blitspatrollielede in Kimberley, sal vir psigiatriese evaluasie gestuur word.

Hy het gister in die Kimberley-landdroshof verskyn.

In die jaagtog om van die polisie weg te kom was Alberts in ’n ongeluk betrokke. Foto verskaf

Mojalefa Senokoatsane, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se streekswoordvoerder vir die Noord-Kaap, het gesê Alberts staan tereg op twee aanklagte van moord, drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede, een aanklag van motorvoertuigdiefstal en een aanklag van diefstal.


“Tydens sy eerste verskyning het die beskuldigde die hof ingelig dat hy nie vir borgtog sal aansoek doen nie,” het Senokoatsane gesê.

Ofentse Mokae, woordvoerder van die DA in die Noord-Kaap en lid van die provinsiale wetgewer, het gesê die DA veroordeel die dubbele polisiemoord wat vroeër die week in Kimberley plaasgevind het.

“Ons eer konstabel Okaetse Mandindi en sersant Kedimetse Masilo. Hulle het gesterf toe hulle probeer het om ’n veiliger wêreld te skep met minder misdadigers op ons strate,” het Mokae gesê.

Mokae het ook gesê die DA sal die saak fyn dophou. “Ons is veral bekommerd oor berigte dat die oortreder ’n herhaalde misdadiger is.”

Nadat Alberts die polisiebeamptes na bewering geskiet het, het hy in die rigting van die Diamond Pavillion-inkopiesentrum gevlug. Foto verskaf

Senokoatsane het gesê die verslag van die psigiatriese evaluasie sal aan die hof verskaf word nadat Alberts aangedui het dat hy in verskeie psigiatriese fasiliteite opgeneem is.


Alberts sal in aanhouding gehou word tot 5 Oktober 2023, wanneer verwag word dat hy virtueel in die hof sal verskyn.

Die polisie-ondersoeke duur voort.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.