On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Opleiding, kultuur en sport in ’n omgewing sonder mure

───   ELSABÉ DE JAGER 12:48 Wed, 26 Jul 2023

Opleiding, kultuur en sport in ’n omgewing sonder mure | News Article
Vanjaar spog BKO met 108 voltydse studente. Foto: Facebook

“Dit is deur die oprigting van skole en opleidingsinstellings dat ’n volhoubare toekoms ontstaan.”

Só gesels Solidariteit oor sy nuwe beroepopleidingsinstansie op Orania.

Bo-Karoo Opleiding (BKO) het drie jaar gelede met sy werksaamhede begin. Dié instelling, wat tot onlangs op bouambagte gefokus het, het sedert 2021 sy aanbod uitgebrei tot opleiding in méér ambagte waar studente ook as elektrisiëns en loodgieters opgelei word.

Carla Loots, bemarkings- en administrasiebeampte, sê BKO is ’n nie-winsgewende organisasie wat in 2019 sy eerste vyf voltydse studente ingeneem het vir ’n ambagskwalifikasie in siviele konstruksie. In 2020 styg die inskrywingstal tot 40. Vanjaar spog BKO met 108 voltydse studente. In 2021 voeg die instelling ’n kursus in tuisversorging by sy kurrikulum met ’n departementele module in kindersorg wat deesdae ook deel hiervan vorm.

’n Student besig met opleiding in bouambag. Foto: Facebook

Sedert verlede jaar word Boerderybestuur as diplomakursus aangebied, geakkrediteer by die Department van Hoër Onderwys.  

Elke kursus bevat drie komponente. Die teoretiese komponent vereis klasbywoning, terwyl die praktiese en werkgebaseerde leerkomponente vir die student geleentheid bied om ondervinding in die ware veld van sy belangstelling op te doen.

Studente geniet ’n praktiese sessie in tuisversorging. Foto: Facebook 

Orania is ’n kultuurryke dorp en daarom, sê Loots, kry die studente daagliks blootstelling aan die ware kultuur en erfenis wat dit bied.  Aan sportgeleenthede is daar ook geen tekort nie.  Die sportinstituut van Orania betrek alle belangstellendes by veral rugby en netbal.

Aan die einde van ’n suksesvolle kursus. Foto: Facebook

’n Mikpunt van BKO is om volgende jaar sy studentetal uit te brei tot tussen 170 en 200 voltydse leerders. Hierdie studente wat hulself voorberei op beroepskwailfikasies sal die geleentheid kry om deel te vorm van ’n aktiewe koshuislewe in ’n veilige omgewing sonder mure waar hulle hul Christenskap onbeskaamd kan uitleef.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.