On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

10-jarige skoonheid fokus op outisme

───   HEIDRÈ MALGAS 12:31 Mon, 24 Jul 2023

10-jarige skoonheid fokus op outisme | News Article
Jeaneigh Borghesi, toe sy twee jaar gelede die Royal International Miss-kompetisie in haar ouderdomsgroep in die VSA gewen het. Foto: Verskaf

Jeaneigh Borghesi, ’n tienjarige meisie van Upington in die Noord-Kaap, is gekroon met die ambassadeurstitel in die International United Miss skoonheidskompetisie in Amerika.

Jeaneigh is gekroon nadat sy ‘n opstel oor die bewusmaking van outisme geskryf het en uit 200 inskrywings gekies is.

Haar ma, Jeanette Borghesi, vertel dat dit meer as net ‘n skoonheidskompetisie is. Daar is baie keer vereistes soos liefdadigheidswerk, jou looptegniek en onderhoud tel baie meer as enige mooi haarstyl of rok. Dit is 'n sport waarvoor mens moet oefen en voorberei en baie tyd aan bestee.

“Sy het ook twee jaar gelede die Royal International Miss in die VSA gewen. Sy was die eerste Suid-Afrikaner in tien jaar om die hooftitel te wen,” sê Borghesi.

'n Titel maak deure oop en mense luister makliker en is meer bereid om te help.

Sy sê die rede hoekom hulle die opstel oor outisme ingeskryf het, is omdat haar suster se seun op die spektrum is en tot vandag toe ongediagnoseer is. Daar is al vele toetse gedoen maar hulle kry nie antwoorde nie. Hulle sien waardeur hulle as gesin gaan met 'n tienerseun wat nie verbaal is nie en nog soos 'n klein kindjie optree.

“Ons almal ken iemand – in ons eie vriendekring is daar twee stelle tweelinge wat almal iewers op die spektrum is. Ons sien waardeur hulle gaan, en hoe bang daardie ma is vir sosiale geleenthede, hoe mense hulle nie verstaan nie en agter hulle hande skinder. So dat sy nie die huis verlaat sonder dat hulle hemde aan het wat hulle toestand verduidelik vir die publiek nie,” sê Borghesi.


Jeaneigh neem aan modelkompetisies deel vandat sy vier jaar oud is, omdat sy aanvanklik baie skaam was. “Ons het raad ontvang dat modelwerk sal help en dit het. Nadat die gogga gebyt het, is ons steeds in die bedryf.”

Een van die kompetisies is Toddler and Tween of the World, wat deur Bonita vd Westhuizen in Klerksdorp gehou word. Haar seun is ook spesiaal en deel van haar kompetisie is om in Aprilmaand fokus te plaas op Outisme Bewusmaking. Dit is waar hulle begin het vyf jaar gelede.

'n Titel maak deure oop, mense luister makliker en is gewoonlik meer bereid om te help.


Sy vertel dat Laerskool Oranje Noord nog altyd baie ondersteunend was. Die skool het haar op die lughawe ingewag en blomme gegee. Hulle help met skoolwerk omdat sy baie moes terugkeer vir verantwoordelikhede wat met die titel gepaardgaan. Die hoof het einde 2022 'n spesiale toekenning aan haar bemaak vir haar verteenwoordigheid op internasionale vlak. Die dorp is altyd baie trots op haar en ondersteun jaarliks ons ‘Autism Colour Run’ wat in die plaaslike koerante bemark word.

“Ons beoog om maandelikse uitdagings te plaas wat mense kan navolg en help om bewusmaking te versprei. Dit sal wissel van eenvoudige plasings op sosiale media en opdragte wat maklik gevolg kan word deur enigeen in die wêreld, sê Borghesi.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.