On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Kimberliet vervaardig rolprente oor maatskaplike kwessies

───   14:43 Mon, 19 Jun 2023

Kimberliet vervaardig rolprente oor maatskaplike kwessies | News Article
'n Voorskou uit die plaaslike film, “Behind The Scenes”.

’n Inwoner van Kimberley maak gebruik van rolprente om uitdagings van armoede, dwelms en werkloosheid uit te lig.

Eric R. Kok van Roodepan het besluit om die stories van waar hy gebore en grootgeword het deur die lens van sy kamera te vertel.

Kok (34) is besig met die verfilming van sy tweede rolprent Boeta Kom Huis Toe. Sy eerste rolprent Liesbet is goed nasionaal en internasionaal ontvang.

“Ek is geneig om inspirasie uit my gemeenskap te neem en dit is kwessies wat algemeen voorkom. Dwelmmisbruik en werkloosheid is veral ’n groot probleem onder die jeug. Dit is vir my belangrik om daaroor te praat sodat die breër gemeenskap dit ernstig kan opneem,” sê Kok. “Agt jaar gelede het ek my heel eerste rolprent by die Roodepan Flats geskiet en nou het ek teruggekeer na waar alles begin het. Ek wil my gemeenskap bedank vir hul ondersteuning en samewerking met die vervaardiging van die rolprent.”



Ander opkomende rolprentvervaardigers in Kimberley sê hulle sukkel om finansiering van die regering en private sektor te kry. Hulle glo befondsing sal help om die gehalte van hul werk te verbeter. “Ons moet onsself ontwikkel en ons het die ondersteuning van die regering en van private maatskappye nodig.

“Hierdie is die geleentheid vir ons om hulle te vra om te help sodat ons die gehalte en die hulpbronne tot ons beskikking kan verbeter,” sê een van die rolprentvervaardigers.

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.