Central SA
Twee in Vrystaat vasgetrek met ongeslypte diamant─── 07:52 Sun, 18 Jun 2023
Twee verdagtes, onderskeidelik 34 en 36 jaar oud, is deur lede van die Vrystaatse Valke se ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Bloemfontein in hegtenis geneem.
Die eerste verdagte is Vrydag 16 Junie 2023 in hegtenis geneem toe hy die diamant probeer verkoop het. Die ongeslypte edelsteen is tydens die transaksie gekonfiskeer. Die tweede verdagte is ook kort daarna in hegtenis geneem.
Die Vrystaatse hoof van die Valke, generaal-majoor Mokgadi Bokaba, raai diegene wat belangstel om in diamante handel te dryf, aan om die voorskrifte van die Wet op Edelmetale (Wet 37 van 2005) te volg.
"Jy moet eers gelisensieer wees voordat jy toegelaat word om diamante te kan koop, verkoop, invoer of uitvoer. Jy moet ook registreer vanwaar jy handel sal dryf."
Hulle sal op Maandag 19 Junie 2023 in die hof verskyn vir die beweerde besit van ’n ongeslypte diamant.
Die ongeslypte diamant. FOTO: SAPS