On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Matjhabeng sukkel met te min brandbestryders

───   TSHEHLA KOTELI 11:28 Thu, 15 Jun 2023

Matjhabeng sukkel met te min brandbestryders | News Article
Onlangse brande is nie suksesvol geblus nie omdat daar glo te min brandbestryders is. FOTO: SABC News

Die brandweer van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit kon nie die onlangse brande suksesvol blus nie omdat daar te min brandbestryders is.

Dié bewerings volg ná berigte van verskeie brande waarop die brandweer nie kon reageer nie weens 'n tekort aan brandbestryders of toerusting.

’n Anonieme bron sê as van die brandbestryders verlof neem, is daar net twee brandbestryders beskikbaar vir die nagskof.  Daar word ook beweer dat van die brandbestryders depressief is omdat hulle oorwerk is en te min betaal word.  

Die munisipaliteit het nog nie op OFM Nuus se navrae oor die bewerings gereageer nie. Die bron sê daar was ook onlangs ’n brand by K9 Kutlwanong en die brandweer kon nie daar uitkom nie omdat daar net twee brandbestryders aan diens was. Daar was in daardie stadium ook net een werkende brandweerwa. Op 3 Junie 2023 was daar ’n brand by die Oppenheimer Park-afdeling in Motse-Thabong wat ook nie dadelik geblus kon word nie.

LEES OOK: Lives lost in Free State due to lack of firefighting fleet

Die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die tweevertrekhuis het na bewering omstreeks 07:20 aan die brand geslaan. ’n 32-jarige man het brandwonde aan sy gesig, hande en voete opgedoen. Die Thabong-polisiekantoor is omstreeks 08:30 van die brand ingelig. ’n Saak van brandstigting word ondersoek. Alles in die huis is in die brand verwoes.

Dit is nie die eerste keer dat ’n huis in die munisipaliteit tot op die grond afbrand nie. In 2022 het drie huise glo in Welkom afgebrand. Daar word beweer dat daar geen brandweerwaens tydens dié brande beskikbaar was nie. Na bewering is ’n bakkie gebruik wat slegs 800 liter water kon vervoer en dit word gewoonlik vir veldbrande gebruik.

Die munisipaliteit se woordvoerder, Tshidiso Tlali, sê hy moet eers met die brandweerdepartement praat voordat hy OFM Nuus se vrae kan beantwoord.

OFM News

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.