On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Polisieman se lyk met skietwonde op plaas gevind

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:30 Fri, 09 Jun 2023

Polisieman se lyk met skietwonde op plaas gevind | News Article
Wyle Neels du Rand – kapers het die soveelste lewe geëis, hierdie keer op die N3 tussen Warden en Harrismith in die Vrystaat. FOTO: Facebook

Die polisie in Viliers volg leidrade op nadat een van hulle lede in Villiers doodgeskiet is.

Adjudant-offisier Neels du Rand het Vrydag (9/6) omstreeks 02:45 die polisiekantoor gebel en gesê hy agtervolg ’n gekaapte vragmotor op die grondpad tussen Villiers en Standerton. Hy het ook gesê dat hy bystand benodig.

Die polisie het die inligting vinnig opgevolg. Die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Josephine Rani, sê terwyl hulle besig was om die gebied te deursoek het hulle opgemerk dat een van die plase se draadheining beskadig is.

Rani sê die polisie het Du Randt se liggaam in sy Isuzu-bakkie gekry. Hulle moes die venster oopbreek om toegang tot die voertuig te kry.

"Hy het vier skietwonde in sy rug opgedoen, maar niks is gesteel nie. Die gekaapte vragmotor is verlate sowat 8km van Standerton in Mpumalanga gevind. ’n Voorlopige ondersoek toon dat die gekaapte vragmotor deur ’n wit BMW-sedan met vals nommerplate begelei is,” sê Rani.

LEES OOK: Free State female officer shot at the police station

Dit is die derde skietvoorval waarin polisielede die afgelope week betrokke was. Gister is ’n polisielid by die Masilo-satellietpolisiekantoor in Theunissen geskiet toe sy aan diens was.

Verlede naweek is Lekone Morris Mohajane (55), die speurtakbevelvoerder by die Mooinooi-polisiekantoor in Noordwes, ook in ’n kapingsvoorval doodgeskiet.

Die VF Plus-leier, Jan van Niekerk, sê die party gaan die Vrystaatse polisiekommissaris versoek om ’n spesiale taakspan op die been te bring om toenemende kapings in die Vrystaat, met spesifieke verwysing na die N3 in die omgewing, aan te spreek.  Verskeie kapings het glo die laaste tyd daar plaasgevind. Die VF Plus het sy opregte medelye met Du Rand se geliefdes te betuig.

OFM News

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.