On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

R36 miljoen verdwyn uit oorledene se bankrekening; 13 al vas

───   12:00 Sat, 03 Jun 2023

R36 miljoen verdwyn uit oorledene se bankrekening; 13 al vas | News Article

Die Valke sê hulle werk daaraan om nog verdagtes in hegtenis te neem wat verdink word van die diefstal van R36 miljoen uit die bankrekening van 'n slagoffer van ’n motorongeluk.

Dertien mense is vandeesweek in verskillende provinsies vir hul beweerde betrokkenheid in hegtenis geneem, insluitend KwaZulu-Natal.

Die Valke se Matimba Maluleke sê hulle glo die meesterbrein is die 29-jarige FNB-werknemer Thabiso Metenda.

Maluleke sê Metenda, wat in Limpopo gesetel is, het na bewering toegang tot die slagoffer se profiel verkry en voortgegaan om die bankrekening leeg te maak.

"Onder die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is 'n polisiebeampte wat by SAPD Makhado gestasioneer is. Die ondersoek duur steeds voort."

Die slagoffer was 'n buitelandse sakeman wat in Suid-Afrika gewoon het. SowetanLIVE het die slagoffer as die Zimbabwiese sakeman Obert Karombe geïdentifiseer. Daar is berig dat aanlynpublikasies in Zimbabwe hom uitgebeeld het as 'n sosiale persoon met 'n spoggerige leefstyl en duur motors. Beeldmateriaal van sy begrafnis is gepubliseer nadat hy in 'n Rolls-Royce-kis begrawe is.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.