Central SA
Twee mense sterf in Heidedal─── HEIDRÈ MALGAS 16:30 Wed, 31 May 2023
Foto's is op sosiale media geplaas nadat ’n liggaam naby ’n oorstroomde straat in Heidedal, Bloemfontein, gevind is.
Die polisiewoordvoerder Peter Kareli sê die polisie in Heidedal is na Tom Swartstraat ontbied nadat gemeenskapslede die lyk van 'n 36-jarige vrou sonder sigbare beserings aangetref het.
Die liggaam van ’n vrou is in Tom Swartstraat in Heidedal gevind . FOTO: Facebook
"Sy is deur paramedici op die toneel dood verklaar," sê hy.
Daar was gerugte op sosiale media dat daar ’n kind by haar liggaam was, terwyl ander op sosiale media beweer het dat die liggaam dié van 'n kind is.
Kareli sê geen kind is naby die oorledene gevind nie. Die polisie wag nog dat die lykskouing afgehandel word.
In Waaihoekstraat in Heidedal is ’n bewustelose persoon gevind wat later in die hospitaal dood is.