Central SA
Man van Heidedal al weke lank vermis─── 10:11 Tue, 30 May 2023
’n Bloemfonteinse man van Buxtonstraat, Heidedal – Nornando Alexander (30) – word al drie weke lank vermis.
Hy is laas op 8 Mei 2023 gesien toe hy in die strate rondgedwaal het, maar hy het nooit weer by sy huis uitgekom nie. Sy familie sê hy het geestesgesondheidsprobleme wat verhoed dat hy weer sy pad terug kan kry huis toe.
Hy het ’n wit Nike-hemp, rooi Nike-baadjie, swart Nike-broek en rooi-en-wit Nike-tekkies aangehad. Enigiemand met meer inligting oor waar hy hom bevind, kan die ondersoekbeampte, Moeketsi Lichabe, by 051-409-7209 of 062-938-6335 bel.
Nornando Alexander (30) word al drie weke lank vermis. FOTO: SAPS