On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Boere in Namakwaland dankbaar vir droogtehulp

───   TSHEHLA KOTELI 15:01 Fri, 26 May 2023

Boere in Namakwaland dankbaar vir droogtehulp | News Article
Voer word vir skape op 'n Namakwalandse plaas afgelaai. Foto verskaf

Die boere van die droogtegeteisterde Namakwaland in die Noord-Kaap het hul dank uitgespreek vir Gift of the Givers se hulp en bystand.

Gift of the Givers het aan die boere voer vir hul vee geskenk. Een van die inwoners Sybil Visagie het hulle gevra om boere te help wat ’n klein hoeveelheid vee het.

"Dit sal ’n deurlopende projek in vennootskap met Gift of the Givers wees om boere in hierdie moeilike tyd by te staan, veral gegewe hoe erg die droogte is," sê sy.

OFM Nuus het vroeër berig dat die droogtehulp aan boere met minder skape in die Namakwa-streek moontlik gemaak is, omdat Visagie bekommerd is oor voedselsekerheid.

Die voer wat hulle geskenk het, is om ooie wat dragtig is te ondersteun, melkproduksie te stimuleer en spesiale voer vir lammers sodat boere hul kuddes kan verbeter.  

“Boere in wins beteken dat werkgeleenthede nie verlore kan gaan nie en dat geen boer uitgesluit word nie. Boere vorm die voedselketting van die land wat kan lei tot voedselsekerheid en werkskepping.”

“Dankie is net nie genoeg nie,” sê Robert Drage ’n boer van Namakwaland. “Gift of the Givers en Rooipoort, Calvinia het nie net die voer vir boere teen ’n baie billike prys verskaf nie, maar het ook die vervoer (1 200 km ver) geborg. Boere het dit met soveel seën ontvang, want toe die vragmotor met die voer in Steinkopf aankom, het sagte en deurdringende reën vir die eerste keer in maande uitgesak. Visagie is ’n regte engel vir boere in die Noord-Kaap omdat sy al die reëlings getref het.”

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.