On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Brand-moorde: Saak uitgestel vir beskuldigde se banksake

───   HEIDRÈ MALGAS 10:19 Tue, 23 May 2023

Brand-moorde: Saak uitgestel vir beskuldigde se banksake  | News Article
Heidi Taljaard en Trudie de Beer in die hof. FOTO: Charné Kemp

Die Brand-familiemoordsaak is weer uitgestel nadat die Departement van Korrektiewe Dienste een van die beskuldigdes toegelaat het om die hooggeregshof in Kimberley te verlaat om bank toe te gaan.

OFM Nuus het ook verlede Dinsdag berig dat dit skokkend vir Trudie de Beer en Heidi Taljaard was om die getuienis aan te hoor van hoe hul ouers, Dan en Breggie Brand, en hul suster, Elzabie, gesterf het.

LEES OOK: Hof hoor hoe Brand-gesin vermoor is

Die DA in die Noord-Kaap veroordeel die traagheid van die departement en het belowe om die saak na hul nasionale woordvoerder vir Korrektiewe Dienste te verwys.

Die DA-lid van die Provinsiale Wetgewer in die Noord-Kaap, Reinette Liebenberg, sê die beskuldigde is een van vyf beskuldigdes wat in hegtenis geneem is vir die moord op Dan, Breggie, en Elzabie Brand in Hartswater in Julie 2020.

"Die DA het die saak noukeurig dopgehou en sal voortgaan om dit te doen om verdere onnodige vertragings te voorkom."

OFM Nuus het ook berig dat die wrede aanval, roof, ontvoering en moord op die Brands op 'n kleinhoewe in die Magogong-gebied by Hartswater in die Vaalhartsbesproeiingskema skokgolwe deur die gemeenskap gestuur het.

LEES OOK: Moorde op Brand-gesin skok Noord-Kaapse gemeenskap

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.