On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Stigterslid van CityRun Naval Hill sterf

───   ELSABÉ DE JAGER 12:45 Mon, 15 May 2023

Stigterslid van CityRun Naval Hill sterf | News Article
Leon Engelbrecht was ’n groot gees in Bloemfontein se hardloopgemeenskap. Foto: Facebook

Leon Engelbrecht, stigterslid van CityRun Naval Hill en eienaar van die gewilde Vida e Caffè- koffierestaurant in Bloemfontein, is Sondag (14/5) oorlede.

Engelbrecht was welbekend in die gemeenskap. “Bloemfontein se hardloopgemeenskap het pas ’n groot gees verloor,” skryf die kinderboekskrywer Jaco Jacobs op Facebook.

“Leon Engelbrecht, as dit nie vir daardie eerste Parkruns was wat jy en jou wonderlike span vrywilligers gereël het nie, en jou aanmoediging elke keer langs die pad, sou ek – en baie ander, ook later by die CityRun – dalk nooit hierdie reis aangepak het nie. Dankie. Jy was een van die niceste mense wat ek geken het. Baie sterkte en liefde vir Arina en al jou geliefdes.”

Leon en Arina Engelbrecht.

Engelbrecht se swaer Kobus Lombard sê hy het “letterlik duisende mense se lewe verryk met jou motivering, liefde, omgee en humorsin. Bloemfontein was ’n beter plek as gevolg van jou bydrae … Hierdie een maak seer. Maar jy is vir seker besig met ’n CityRun in die hemel.”

“Jou liefde en passie vir hardloop en mense was so aansteeklik, mens kon nie anders as om dit ook te wou doen nie,” skryf Jorrie Jordaan. “Jy het geïnspireer, gemotiveer en ja, ook soms geïrriteer tydens die oefensessies … Intervals, time trials, hills … Consistency! Kyk op, kyk op! Werk met daai arms en bene! Jy kan by die huis gaan rus!”

Hy sê Engelbrecht se nalatenskap sal altyd onthou word, nes sy nagedagtenis sal voortleef in die harte van almal wat hy aangeraak het.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.