Central SA
David Fourie vind sy pad terug Vrystaat toe─── 08:29 Tue, 09 May 2023

Die sanger David Fourie vind op 21 Mei sy pad terug Vrystaat toe wanner hy rondom ‘n Sondagmiddagtafel vertellings en musiek deel in die hoofstad.
Fourie se musiekreis begin 20 jaar gelede met sy deelname aan Idols South Africa. Vandaar strek sy pad deur Nieu-Seeland.
Hy koop ‘n klavier en begin “soos ’n straattroebadoer in Brown’s Bay” sing. Ná vyf jaar, kort voor die Covid-pandemie, keer hy terug na Suid-Afrika.
Nie net wag treffers soos Ek wil jou ken, Kaboemielies en Grotman op die spyskaart nie. Ook sal sy nuwe internasionale vrystelling, On the radio, sonder twyfel aanklank vind.