On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Paraffien in Bester-slagoffer se lyk gevind

───   14:37 Mon, 24 Apr 2023

Paraffien in Bester-slagoffer se lyk gevind | News Article

Die polisie se nasionale woordvoerder, Athlenda Mathe, het Saterdag bevestig dat die verkoolde lyk geïdentifiseer is, wat in Bester se sel gevind is.

Die lykskouingsverslag van Katlego Bereng Mpholo toon dat hy paraffien in sy lugpyp gehad het toe hy aan die brand gesteek is. Bereng is die man wie se verbrande lyk in Thabo Bester se sel by die Mangaung- korrektiewe sentrum in Bloemfontein gevind is.

Bereng se lyk is glo in Mei 2022 in Bester se ontsnapping gebruik.

Die lykskouingsverslag is in dieselfde maand as die ontsnapping gedoen, voordat die lyk as Bereng s'n geïdentifiseer is, berig The Citizen.

Dit toon ook dat hy met ’n stomp voorwerp teen sy kop geslaan is, wat sy dood veroorsaak het. Hy het ook ’n gekraakte skedel en breinbloeding gehad. Hy was dus reeds dood voordat hy in die tronk aan die brand gesteek is, omdat daar nie rook in sy longe was nie.

Die polisie se nasionale woordvoerder, Athlenda Mathe, het Saterdag bevestig dat die verkoolde lyk wat in Bester se sel gevind is, geïdentifiseer is.

Die lykskouing, wat deur die registrateur van forensiese patologie in die Vrystaat gedoen is, wys ook dat daar nadoodse brandwonde opgedoen is en dat die hele liggaam verkool het. Die gebruik van 'n brandversneller (paraffien) is ook in die larinks gevind.

LEES OOK – Breaking News: Charred body in Thabo Bester's cell 35 identified

Volgens SABC News was Bereng sedert Maart/April 2022 vermis.

“Ons as familie voel ons is nie behoorlik oor die saak ingelig nie, en daarom gaan ons ‘n klagte by die polisie teen die staat, Bester en Nandipha indien,” sê Batho Mpholo, Bereng se pa.

Hy sê sy seun het by sy ouma aan moederskant in Ipopeng in Bloemfontein gebly voordat hy vermis geraak het.

In April 2022, het hy besef hy het ’n maand laas van Katlego gehoor. Hy het ook besef hy is nie meer aktief op sosiale media nie en het Katlego se ma, Monica Matsie, gebel. Sy het ook hul seun ’n maand laas gesien en haar ma gaan vra.

LEES OOK: ActionSA to visit family of Thabo Bester's fire victim

Hy het haar gevra om hul seun as vermis by die polisie aan te meld. ’n Jaar later het ondersoeke getoon dat die liggaam wat in Bester se sel gevind is, ooreenstem met Katlego se DNS.

“My hart is gebreek, ek weet nie wat om te sê nie, ek weet nie wat om te doen nie want ja, ek weet dat ons almal eendag sal sterf. Maar ek het nie verwag dat my seun so wreed sou sterf nie, veral as daar geen waarheid oor sy dood is nie.

“My nederige pleidooi aan die regering, die minister van polisie – ons het die waarheid nodig, niks anders as die waarheid nie oor my seun se dood.”

eNCA berig sy familie is nog nie toegang tot sy oorskot toegelaat nie, maar hulle wil dit teen die einde van die week afhandel sodat hulle sy begrafnis kan beplan.

“Ons het al oproepe ontvang van regslui op hoë vlak wat bereid is om ons te help,” sê Mpholo.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.