Central SA
Gewese Boer Soek 'n Vrou-deelnemer borgtog toegestaan─── 09:27 Sat, 01 Apr 2023

‘n Boer van die Calvinia-omgewing is Vrydag borgtog toegestaan.
Die gewese Boer Soek 'n Vrou-deelnemer Albertus Steenkamp staan tereg op ‘n klag van poging tot moord.
Hy het na bewering ‘n werker, Goodson Mayenda, verlede Saterdag omgery ná ‘n loongeskil.
Steenkamp is Maandag in hegtenis geneem en was in aanhouding tot Vrydag. Polisie-woordvoerder Timothy Sam sê borgtog is op R5 000 vasgestel.
Die saak is intussen uitgestel tot 25 April, waartydens ‘n besluit geneem sal word om die saak na die streekhof oor te plaas.
Steenkamp het vroeer aansoek gedoen vir regshulp, maar dit was onsuksesvol.
Vrydag was hy deur n advokaat verteenwoordig.
Intussen is Mayenda verbaas oor die verwikkelinge. Hy het aan OFM- nuus vertel dat hy nou vir Steenkamp baie bang is ná sy vrylating.
Mayenda se swanger meisie, Salome Isaacs, voel ook dat die polisie hulle in die duister hou oor Steenkamp se hofverskynings, wat hulle wou bygewoon het.
OFM-nuus/Isaac Cloete