Central SA
Plaaswerker glo gevra om saak teen boer terug te trek─── 18:00 Thu, 30 Mar 2023

Die Boer Soek ’n Vrou-deelnemer wat na bewering Saterdag ’n werker op sy Noord-Kaapse plaas doelbewus omgery het, doen Vrydag in Calvinia se landdroshof aansoek om op borgtog vrygelaat te word.
Albertus Steenkamp (40) staan tereg op 'n aanklag van poging tot moord nadat hy na bewering vir Goodson Mayenda (22) omgery het ná 'n rusie oor betaling.
Intussen beweer Mayenda dat iemand wat hy as Steenkamp se voorman identifiseer, hom in ‘n stemboodskap probeer omkoop om die saak terug te trek.
LEES OOK: Bekende boer in hof oor poging tot moord
Netwerk24 berig dat Isak Pienaar (43), ‘n plaaswerker, in 2020 dood is toe hy by ‘n skoorsteen van Steenkamp se plaashuis ingeval het. Die polisie het die saak na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys om ‘n besluit te neem of iemand vir Pienaar se dood vervolg moet word.