On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Ontvoerde biokinetikus gevind

───   08:20 Fri, 24 Mar 2023

Ontvoerde biokinetikus gevind | News Article

Die 26-jarige biokinetikus Riana Pretorius, wat verlede week helder oordag in Gqeberha ontvoer is, is lewend gevind.

Die woordvoerder van die Oos-Kaap Valke, Yolisa Mgolodela, het die nuus volgens die SABC bevestig. Geen ander besonderhede is verskaf nie.

Pretorius is Donderdag (16/3) helder oordag buite haar werkplek in Newtown Park, in een van Nelson Mandelabaai se besigste strate, ontvoer.

LEES MEER: Verdagte in hof ná biokinetikus se ontvoering

Terwyl die soektog voortgeduur het, het die polisie bevestig dat twee persone in hegtenis geneem is en dat ’n losprys van R2 miljoen van die familie geëis word.

Nuus van haar ontvoering het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei met versoeke aan die publiek om uit te kyk vir ’n wit Toyota Corolla wat na bewering betrokke was. Volgens berigte is die voertuig egter in Deal Party teruggevind, nie te lank ná die voorval nie.

’n Verdagte wat met die saak verbind word, moet vandag in die hof verskyn. Hy is verlede week kort ná haar ontvoering in hegtenis geneem.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.