On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Wat jy kan doen om kragmasdiefstal te help bekamp

───   11:30 Wed, 22 Mar 2023

Sponsored11:30 Wed, 22 Mar 2023
Wat jy kan doen om kragmasdiefstal te help bekamp | News Article

Dr Jane Goodall, wêreldbekende omgewingsbewaarder en aktivis, het een keer opgemerk dat apatie die grootste gevaar vir ons toekoms inhou. En dit blyk of hierdie tipe traagheid om betrokke te raak en standpunt in te neem, aan die toeneem is.

Wanneer jy iets sien wat verkeerd is, meld jy dit aan of ignoreer jy dit? Jou optrede het egter die potensiaal om ’n positiewe verskil te maak. 

OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, gesels met Stefanie Jansen van Rensburg, kommunikasiebeampte van Eskom, oor die impak wat die diefstal van staalkomponente aan kragmaste op dienslewering het.  

Jansen van Rensburg verduidelik dat kragmaste verwys na die groot hoospanningstrukture wat die kraglyne dra wat elektrisiteit regoor die land versprei. 

“Hierdie kragmaste bestaan uit staal, en diewe steel meestal die onderste stukke staal van die kragmaste – dikwels steel hulle as’t ware die maste se voete onder hulle uit.  Hulle verkoop dan hierdie stukke staal aan skrootwerwe.”

Indien enige van die onderste stukke staal van ’n groot kragmas verwyder word, is die hele kragmas verswak omdat dit onvoldoende ondersteun word. 

“Dink byvoorbeeld aan ’n tafel waarvan een poot afgesny word of aan ’n motorafdak waarvaan een van die vier grondpale verwyder is.  In die geval van sterk winde of harde reën kan hierdie verswakte kragmaste dan omval – en dikwels trek die een kragmas nog een of twee ander kragmaste plat omdat hulle deur die kraglyne aan mekaar verbind is.”

As hierdie maste dan omval, lê die hoogspanningslyne op die grond en kan dit enige mens of dier wat daarmee in kontak kom, doodskok.  Hierdie lyne bedien gewoonlik dorpe of myne en waneer een van hierdie maste ineenstort, word die kragvoorsiening na die dorpe of ander klante onderbreek.

Jansen van Rensburg meld verder dat hierdie diefstal nie net vir Eskom raak nie, maar ook die gemeenskappe en besighede wat krag ontvang van daardie lyne. 

“As die maste omval, word kragtoevoer onderbreek en die herstel van die maste vat ’n hele ruk omdat dit sulke groot strukture is.  Dit sal ook myne en natuurlik noodsaaklike dienste soos hospitale en waterpompstasies beïnvloed. Afhangend van hoeveel maste geval het, kan dit tot Stefanie Jansen van Rensburg week neem om te vervang.”

Die koste om ’n kragmas te vervang kan tussen R3m en R4m beloop; net die stukke staal aan die onderkant kan tussen R40 000 en R200 000 kos.

Volgens Jansen van Rensburg vind hierdie tipe diefstal vind regoor die land plaas, maar veral in Gauteng, Mpumalanga, Noord-Wes en dele van die Wes-Kaap.  In die Vrystaat kom dit meestal in die omgewing van Welkom asook in die Parys-Sasolburg-omgewing voor.

“In Gauteng, byvoorbeeld, loop baie van hierdie hoogspanningslyne deur gebiede wat bebou is. Dink net aan die die groot gevaar as daardie kragmaste omval.  ’n Normale huis se krag loop op 220 volt, maar hierdie maste dra sowat 132 000 tot 765 000 volt.”

Wat doen Eskom?

Jansen van Rensburg sê Eskom maak gebruik van toerusting wat die kragmaste kan monitor. 

“Indien iemand aan hierdie toerusting of aan die kragmas peuter, sal die toestel ’n alarm na die naaste Eskom beheersentrum stuur.  ’n Span sal dadelik uitgestuur word om die oorsaak van die alarm te ondersoek.”

Eskom vervang ook die bestaande boute met nuwes wat bestand is teen vandal.  Die struktue word ook geverf met pik en staal met die woord “Eskom” gemerk. 

“Verder vervang ons ook die anti-klimtoestelle met plat doringdraadplatforms wat om die kragmaste se bene vasgemaak word en dit dus vir vandale moeiliker maak om teen die maste op te klim.”

Wat jy kan doen

Jansen van Rensburg vra diegene wat onraad opmerk om dadelik met die ouwerhede in verbinding te tree.

“Sodra jy mense sien wat stukke staal van ‘n kragmas afsny, moet jy dadelik die polisie skakel of vir Eskom bel op 08600 37566. Wanneer Eskom spanne op ’n kragmas werk, sal hulle Eskom-klere aanhê en met Eskom-voertuie ry.”

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.