On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Twee vas ná biokinetikus van Gqeberha se ontvoering

───   15:39 Fri, 17 Mar 2023

Twee vas ná biokinetikus van Gqeberha se ontvoering | News Article
Riana Pretorius

Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ’n Gqeberha-biokinetikus, maar sy word steeds vermis.

Riana Pretorius (26) is Donderdag helder oordag buite haar werkplek, in een van Nelson Mandelabaai se besigste strate, ontvoer.

Terwyl die soektog na haar voortduur, het die polisie bevestig dat ’n tweede persoon in hegtenis geneem is en dat ’n losprys van R2 miljoen van die familie geëis word.

Kaptein Yolisa Mgolodela, provinsiale Valke-woordvoerder, het Vrydagoggend bevestig dat die soektog na Pretorius voortduur.

Nuus van haar ontvoering het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei met versoeke aan die publiek om uit te kyk vir ’n wit Toyota Corolla wat na bewering betrokke was. Volgens berigte is die voertuig egter in Deal Party teruggevind, nie te lank ná die voorval nie.

Algoa FM is ook betroubaar ingelig dat die Valke die ondersoek oorgeneem het.

Woordvoerder van die Oos-Kaap Valke, Yolisa Mgolodela, het vroeëer aan Algoa FM gesê ’n verdagte is in hegtenis geneem en dat Pretorius gevind is, maar toe sy gedruk is vir meer inligting, het sy later gesê dat haar bronne onbetroubaar is en om verskoning gevra vir haar fout.

Mgolodela het gesê nog ’n man is glo betrokke en die soektog na Pretorius duur voort.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.