On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse inwoners leer van ‘n gesonde leefstyl

───   07:04 Fri, 17 Feb 2023

Noord-Kaapse inwoners leer van ‘n gesonde leefstyl | News Article

Inwoners van Roodepan in die Sol Plaatje-munisipale gebied in die Noord-Kaap is Donderdag wenke gegee oor hoe om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.

Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het ‘n Move for Health-veldtog vir die gemeenskap aangebied.

Die departement sê op Twitter die veldtog is gehou om inwoners aan te moedig om die eerste stap te neem om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.

Die geleentheid is ook deur die LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, en die burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Kagisho Sonyoni, bygewoon.

“Fisieke aktiwiteite, ‘n gesonde dieet, ‘n leefstyl sonder tabak of alkohol is 'n maklike en goedkoop manier om siektes te voorkom en gesondheid te verbeter,” sê die departement.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.