On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Karookind Luan Nel se troosdiens in Bloemfontein gehou

───   17:15 Thu, 02 Feb 2023

Karookind Luan Nel se troosdiens in Bloemfontein gehou | News Article
Luan Nel is die naweek dood aangetref in ’n Bloemfonteinse winkelsentrum se parkeerterrein. Koshuismaats het Donderdag 2 Februarie vir hom ’n troosdiens in die Geloofsentrum Universitas gehou. FOTO: Facebook

Vandag se troosdiens vir Luan Nel, wat die naweek onder vreemde omstandighede in Bloemfontein gesterf het, was vir sy familie baie traumaties.

Ds. André Oosthuizen, wat die diens in die Geloofsentrum Universitas gelei het, sê veral omdat sy begrafnis eers Saterdag op sy tuisdorp, Aberdeen, gehou word, is dit vir hulle twee keer se hartseer en twee keer se afskeid en rou.

Die  22-jarige oud-Kovsie,  wie se ouers, Jan en Christelle Nel in die Oos-Kaap boer, het Saterdagoggend ure lank deur Bloemfontein gedwaal nadat hy sy motor die nag op die Abrahamskraalpad buite die stad gerol het.

Vriende het hom ná die ongeluk na hul huis in Langenhovenpark geneem waar hy ’n rukkie geslaap het. Intussen het sy suster Lizelle Nel, by wie hy die nag sou oorgeslaap het, vroeg die oggend saam met ander na hom begin soek. Eindelik het hulle sy motor langs die pad gekry.

’n Veiligheidswag het omstreeks 12:45 op sy liggaam in Mimosa Mall se parkeerterrein afgekom. Die polisie het nog nie die oorsaak van sy dood bekend gemaak nie.

Oosthuizen sê hy het vandag beleef hoe Bloemfontein saamstaan. Luan se medebewoners van die Heimat-Mannerheim-koshuis was by die diens, van sy vriende en ander rouklaers. Hy sê hy is dankbaar hy kon hulle ondersteun en die familie waardeer dit. “Maar hulle moet in ons gebede bly. Ons vra dat die Here hulle verder sal troos.”

Oosthuizen het die Woord van die Here bedien uit Openbaring 4 met die hele beeld van hoe lyk die hemel. “Op die ou einde is dit vir die kinders van die Here ons grootste troos. Dat ons op pad is na ’n plek wat nie onseker is nie, waar ons nie gesoek gaan word nie, maar ons weet waar ons gaan eindig, en dit is in die hemel by die Here.”

 Hy sê dit is dan ook mense se troos in sulke hartseer tye. “Die vraag is nie: Hoe gaan ons dood of wanneer gaan ons dood nie, maar waar is ons as ons hierdie tentvakansie hier op aarde verlaat. As die vakansie hier oor is, trek ons in die hemel in by die Here.”

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.