On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes ANC gekap weens versuim om teen grondbesetters op te tree

───   16:00 Mon, 30 Jan 2023

Noordwes ANC gekap weens versuim om teen grondbesetters op te tree | News Article
ARGIEFFOTO: Potchefstroom Herald

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) kap die ANC in Noordwes weens die party se versuim om die kwessie van grondbesetters naby die Mooibank-omgewing in Potchefstroom aan te spreek.

Die VF Plus se raadslid in die JB Marks-munisipaliteit in Potchefstroom, Marlene Steyn-Du Toit, sê die grondeienaars sukkel sedert Januarie 2021 met onwettige bewoners. Sy voeg by dat die onwettige inwoners die kanaalwater besoedel het en die misdaadvlakke in die gebied het toegeneem. Sy sê die besetters leef onder onmenslike omstandighede aangesien hulle nie toegang tot munisipale dienste het nie.

Steyn-Du Toit sê die ANC-munisipaliteit het versuim om die nodige stappe te doen om die hervestiging van die onwettige inwoners te verseker.

“Daar was beslis 'n gebrek aan dringendheid aan die kant van die munisipaliteit en die ANC-munisipaliteit. Ons het egter daarop aangedring dat hierdie saak die nodige aandag verdien en ná ‘n paar raadsvergaderings, is die saak behoorlik aangespreek.”

Die JB Marks-munisipaliteit het wel aanvanklik ’n uitsettingsbevel gekry. Hulle het egter versuim om die bevel uit te voer. Die omliggende eienaars het nog 'n hofbevel verkry wat vereis dat die onwettige bewoners die eiendom teen 31 Januarie 2023 moet ontruim. Die VF Plus het ook 'n hofbevel verkry wat beslis dat die bewoners teen die einde van die maand die gebied moet ontruim.

“Die wettige eienaars en bewoners in die omgewing is uiteraard in 'n situasie waar hulle gefrustreerd is weens die stygende misdaad en dan ook die onmenslike toestande waaronder hierdie besetters hulle bevind. Hierdie situasie kan beslis nie voortduur nie. Dit is tot nadeel van die wettige eienaars,” het Steyn-Du Toit gesê.

Sy merk op dat die saak onlangs eers die aandag gekry het wat dit verdien nadat hulle ’n brief aan die munisipaliteit gestuur het. Die VF Plus sal teen 31 Januarie 2023 'n raadsvergadering hou om te kyk na die terugvoer wat alternatiewe en geskikte verblyf vir die onwettige bewoners betref.  

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.