Central SA
Hitte-uitputting eis nog ‘n slagoffer in Noord-Kaap─── 08:42 Sat, 21 Jan 2023

Die dodetal weens hitte-uitpitting in die Kakamas-omgewing het tot sewe gestyg, nadat nog een persoon dood is.
Agt mense is Dinsdag in die hospitaal opgeneem. Een persoon is tans aan 'n ventilator gekoppel om aan te sterk.
Landbou LUR Mase Manopole het intussen haar medelye aan die families van die oorledenes betuig en aangevoer dat die provinsie net soos ander gebuk gaan onder uitermatige hitte en dat mense teen moontlike hitte-uitpitting beskerm moet word.
Woordvoerder, Zandisile Luphahla.
OFM-nuus/Roderick Titus